IZANNÉ & JACQUES TROU BY LAVANDOU

Izanné en Jacques se troue by Lavandou was sprokiesmooi! Hierdie troue was so vol emosie, detail en liefde!

DIE LIEFDESVERHAAL

Aan die begin, het ek glad nie belang gestel in enige tipe verhouding nie, maar Jacques het aangehou en aangehou. Vir 6 maande lank! Hehe! Toe hy nou besluit om op te gee op hierdie meisie, het dit my bietjie terug geruk aarde toe, en ek het besef maar ek wil eintlik die ou beter leer ken. En ja, hier sit ons amper 5 jaar later. Jacques het my ondersteun in van die ergste van my lewe, en hy was nog altyd my rots.

 

DIE VERLOWING

Dit was my verjaarsdag. My beste vriendin het gesê sy het vir ons n spa dag gereel die Vrydag aand. Ek het toe vir Jacques nog glad nie gesien die dag nie, en was teen die middag toe al n bietjie negatief vir hom. Min wetend dat hy, en al my vriendinne en familie, besig was om ons verlowing te reel. Ek het niks verwag nie. My vriendin het my toe kom oplaai die aand vir ons ‘spa’, en ons is toe by Nkwe verby. Dit was pik donker, en ewe skielik toe stop sy die kar, en sê ek moet uitklim. Ek kon nie verstaan hoekom nie. Maar toe ek uitklim, toe sien ek Jacques het roosblare gegooi op die gras, en kersies in n gangetjie gepak. Hy vra my toe om sy vrou te wees! En toe ek weer sien, toe kom omtrent 40 van ons familie en vriende agter die damwal uit om ons geluk te wens. Dit was n amazing aand!

TROUDAG BEPLANNING

Die troudag beplanning was maar stresvol, maar dit is so n exciting deel van mens se lewe. Dit was lekker om alles saam met Jacques te kan doen. Natuurlik duik daar maar krisisse op, maar ons het almal hanteer. My ma het ook BAIE gehelp. Ons het mekaar partykeer teen die mure uit gedryf, maar ons trou dag sou nie so perfek gewees het as dit nie vir haar was nie!

DIE BRUILOFSFEES

Ons trou dag was absoluut die BESTE dag van ons lewens. Niks het skeef geloop nie. Dit het gereën tydens ons seremonie, maar toe ons uitstap om fotos te neem, toe skyn die son weer. Ons het die beste luck ooit gehad! Ek en Jacques het ook die beste bridal party in die wêreld gehad. As dit net gelyk het ons ons iets nodig het, het hulle reg gestaan daarmee. Ons sal rerig enige tyd ons trou dag oor hê (net sonder al die baie geld, en die bietjie stres, hehe).

Lavandou

Lavandou

Lavandou Lavandou

WENKE VIR ANDER BRUIDE

Ek weet dis makliker gesê as gedaan, maar moenie so baie stres nie. Alles sal uit werk soos dit moet! Maak ook seker al die groot goed, soos die fotograaf, die venue, die make-up artist, ens is ver vooruit bevestig.

Lavandou

Lavandou

Lavandou

Lavandou

Lavandou

Lavandou

Lavandou

Lavandou

DANKIE

Ons het die amazingste span agter ons gehad. Ek wil graag dankie sê vir die volgende mense:
Lavandou – vir die venue & die decor
EA Make-up – vir my en my bruidsmeisies se hare & make-up
Ryan van 5 Star Weddings – vir ons video
Dune Kahlau Photography – vir die mooiste fotos
Chanel Carreira – vir al ons blomme
Ds Jan Hugo – wat ons getrou het
En dan vir my en Jacques se gesinne, wat alles moontlik gemaak het

Lavandou

Lavandou

Lavandou

Lavandou

Lavandou

Lavandou

No Comments

Post A Comment